'n Ligjaar is 'n afstandseenheid wat gelyk is aan net minder as 10 biljoen (10 x 1012) kilometer. Dit is die afstand wat lig in 'n vakuum aflê in een Juliaanse jaar (365,25 dae of 31 557 600 sekondes).[1] Dit word dikwels gebruik om die afstand van hemelliggame uit te druk, veral in niewetenskaplike publikasies. Die eenheid wat deur wetenskaplikes verkies word, is parsek (sowat 3,26 ligjare).